Human & Rousseau nooi jou graag na die bekendstelling van
Rondomtalie - Stories deur Afrikaanse kunstenaars.
Van die kunstenaars gaan self voorlees uit die bundel.
Kunstenaars wie se stories in die bundel opgeneem is: Charlene Truter, Zanne Stapelberg, Pedro Kruger, Mynie Grové, Vicky Davis, Marion Holm, Nataniël, Anna Davel, Rocco de Villiers, Lucas Maree, Margit Meyer-Rödenbeck, John-Henry Opperman, Lize Beekman, Trix Pienaar, Koos Kombuis, Neels van Jaarsveld en Jak de Priester.
’n Plesierige versameling stories deur bekende Afrikaanse name in die uitvoerende kunste arena – sangers, skrywers en liedjieskrywers, opera sangers, pianiste, aanbieders, ens. Die temas in die boek varieer van blommefeetjies, skoenlappers, en kabouters tot draakvlieërs, snaakse kontrepsies, ’n nare hekseman, ’n vernuftige wolhaarstorie en ’n baie talentvolle mol, ’n ware diva.
Stylvolle illustrasies vul die teks uitstekend aan en sal sowel kinders as volwassenes bekoor.
Dit is lekker-lees stories vir voorlees en selflees.
RSVP aan Alicia Hendricks by 021 406 3477 of alicia.hendricks@nb.co.za